About Motorcycle Clubs
Amicitia Ad Vitum Motorcycle Club
Username:  Password:  Forgot Password
| | | | | | | | | |
register now
Amicitia Events
Monarchs 2010 Dayjol.
Monarchs 2010 Dayjol.
( 1 October 2010 )
Poison Rally 2010
Poison Rally 2010
( 3 December 2010 - 5 December 2010 )
Amicitia News
Die nuwe streng reels vir braai!!!
(8 July 2010)
CBR 400 For sale
(1 June 2010)
Tentpeg - Ami-suspect
(26 May 2010)
Price cut for two wheels at tolls
(12 May 2010)

Iceland's Eyjafjallajokull volcano. Some pics
Iceland's Eyjafjallajokull volcano. Some pics
(21 April 2010)

Die nuwe streng reels vir braai!!!

8 July 2010, created by Brutus

FOKUS MENSE, FOKUS!

1. Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. 'n Braai is 'n ernstige ding, benader dus jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. 

 

Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As 'n ding goed verpak is dan lyk hy mos gaaf genoeg om te braai. Kak 

 

man! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter. 

 

2. Daar is nie 'n ding soos 'n te warm vuur nie. Dikker snitte vir braai!  Dun steak is altyd taai en proe kak. 

 

3. Steaks is medium-rare en miskien selfs medium. As jy van jou vleis 'well-done' hou - gebruik 'n blow torch en hou jou vleis van 'n braaier af. 

 

Hardloop dan ook sommer in 'n muur vas. Herhaaldelik!Rare is net vir persone wat die smaak van vleis opreg waardeer! 

 

4. 'n Steak sonder vet is nie 'n steak nie (Fillet het geen vet nie). 

 

Fillet is vir bejaarde mense. Tenderised steak hoort op die Kerkbasaar se steakrolls. Nie op 'n vuur nie! 

 

5. Wors moet nog kan buig as hy afgehaal word - dit moet nie breek nie. Wors word ook nie vol gate gesteek nie, kry vir jou iets anders om te steek. 

 

6. As jy nie kan braai nie, moenie! Jy f@k net jou gaste rond. 

 

7. Vleis word van die rooster of die plaat af opgeskep - nie uit 'n lou-oond uit nie. 

 

8. Uitpass voor die ete is uit soos boknaai ! Dit is moerse ongeskik en 'n aanduiding dat jy kak gewoontes het. 

 

9. As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier nie, of as jy net doodeenvoudig vol kak is, praat voor die tyd of shut up! 

 

10. As jy 'n ander persoon die braaireg by jou huis gee dan swaai hy die septer.

 

11. As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die gang te kry kos hitte.  Baie hitte. Die rook van 'n sukkelende vuur is 'n steurnis. 'Smokey Robinson' word nie hier geduld nie. As jy kan braai en nie 'n ordentlike vuur kan maak nie, dan lieg jy. 

 

12.. Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sĂȘ so! Hoe de f@k anders moet hy leer? 

 

13. Een slaai by 'n braai is genoeg. 

 

14. Hou jou stompies uit 'n braaivuur uit! Jou kak gewoonte hoort by jou huis! 

 

15. Met rugby steek jy die vuur tydens halftyd aan. 

 

16. Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met 'n mes envurk. 

 

17. As jy jou pap saam met 'n braai met melk en suiker eet, is jy wanaangepas en skreeu jy seker vir die f@kkenBulls. Vra almal by die braai om jou teen jou kop te klap, maar dit sal seker ook nie eers help nie. 

 

18. Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om 'n braaivleisvuur. 

 

Rugby , jag, 4x4 bakkies en die buurvrou se tiet-lyne is die norm. Visvang stories word eers gepraat as almal gesuip is, want dan kan die wat nie visvang nie saam kak praat. 

 

19. Vleis moet gereeld omgedraai word, nie halfpad aan die eenkant gaar gebrand word en dan omgedraai word nie. Draai kort kort jou vleis. 

 

20. Vleisbraai is nie net 'n geleentheid om te staan en drink nie.  F@k weet hoekom nie, maar baie moeite word gedoen met die voorbereiding en die gaste wil graag 'n lekker stukkie vleis geniet . 

 

21. ....... en so terloops, almal wat 8 uur die aand wil eet, moet eerder by hulle eie huis f@kken bly, daar is nie 'n tyd om te eet vir 'n braaivleis nie, eet as die f@kken vleis gaar is !

News Article Comments

Maar ek hou van pap met suiker en botter! 
Amimazing (8 July 2010 )
 
Bring jou kop hier..... 
Brutus (8 July 2010 )
 
Amicitia News
Track Day
(29 June 2010)

WORLD SUPERBIKE
(21 April 2010)

AMID BIKE SHOW
(21 April 2010)

Rallys and jols for 2010.
(8 December 2009)

Jokes
(6 May 2009)

Amicitia Games
Ami Idol
Ami Idol

Do the rally walk
Do the rally walk

Home |  Events |  Event Feedback |  Galleries |  Forums |  Polls |  Guestbook
© 2010 Amicitia Ad Vitum Motorcycle club . All rights reserved.
Hosted by WebAfrica